Imago-verhoudingsterapie is ‘n unieke helingsproses vir pare en voornemende pare. Dit is ontwikkel deur Harville Hendrix (Ph.D.) in samewerking met sy vrou, Helen LaKelly Hunt (Ph.D.).
Harville het reeds in die 1980’s besef dat gewone huweliksterapie nie die mas opkom nie - meer is nodig om die oorsaak van probleme aan te spreek. Dit was die geboorte van ‘n proses wat reeds heling en hoop vir baie pare gebring het.
Sy topverkoper, “Getting the love you want” het die grondslag gelê vir die Imago Verhoudingsterapie.
Imago bied aan pare: · die aanleer van kommunikasie-tegnieke; · Luistervaardighede met begrip en empatie vir die maat se ervarings; · Veiligheid binne die verhouding; en · Konneksie. |